Chemie
0.0 / 5
- Created by: Marizaan
- Created on: 17-08-24 11:05
Kookpunt
Die temperatuur waarby die dampruk van die stof gelyk is aan atmosferiese druk.
1 of 65
Smeltpunt
Die temperatuur waarby die vaste- vloeistoffases van ‘n stof in ewewig is.
2 of 65
Organiese molekule
‘n Molekule wat koolstofatome bevat.
3 of 65
Molekulêre formule
‘n Chemiese formule wat die tipe atome en die korrekte getal van elk in ‘n molekuul aandui.
4 of 65
Struktuurformule
‘n Struktuurformule van ‘n verbinding toon aan watter atome aan mekaar gebind is in die molekuul. Atome word voorgestel deur hul chemise simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings wat atome bymekaar hou, aan te toon.
5 of 65
Gekondenseerde Struktuurformule
Hierdie notasie toon die wyse aan waarop atome aan mekaar gebind is in die molekuul, maar toon NIE ALLE BINDINGSLYNE NIE
6 of 65
Koolwaterstof
Organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan.
7 of 65
Homoloë Reeks
‘n reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word OF waarin die een lid van die volgende verskil met ‘n CH2-groep
8 of 65
Versadigde Verbindings
Verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie.
9 of 65
Onversadigde Verbindings
Verbindings waarin een of meer meervoudige bindings voorkom tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings.
10 of 65
Funksionele Groep
‘n Binding of ‘n atome of ‘n groep atome wat die fisiese en chemise eienskappe van ‘n groep organiese verbindings bepaal.
11 of 65
Struktuurisomeer
Organiese molecule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende struktuutformules.
12 of 65
Kettingisomere
Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipes kettings, bv. Butaan en 2-metielpropaan.
13 of 65
Posisionele isomere
Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die syketting, substituente of funksionele groepe op die stamketting, bv. 1- choropropaan en 2- chloropropaan of but-2-een en but-1-een
14 of 65
Funksionele isomere
Dieselfde molekulêre formule, maar verskillidrende funksionele groepe, bv. Metielmetanoaat en etanoësuur.
15 of 65
Hidrohalogenering/ Hidrohalogenasie
Die addisie van ‘n waterstofhalied aan ‘n alkeen.
16 of 65
Halogenering/ Halogenasie
Die reaksie van ‘n halogen (Br2 , Cl2) met ‘n verbinding.
17 of 65
Hirdratering/ Hidrasie
Die addisie van water aan ‘n verbinding.
18 of 65
Hidrogenering/ Hidrogenasie
Die addisie van waterstof aan ‘n alkeen.
19 of 65
Dehidrohalogenering/ Dehidrohalogenasie
Die eliminasie van waterstof en ‘n halogen uit ‘n haloalkaan.
20 of 65
Dihidratering/ Dehidrasie
Eliminasie van water uit ‘n alcohol
21 of 65
Kraking van alkane
Die Chemiese proses waarin langer kettingkoolwaterstof-molekule afgebreek word in korter, meer bruikbare, molecule.
22 of 65
Hidrolise
Die reaksie van ‘n verbinding met water
23 of 65
Makromolekuul
‘n Molekuul wat uit ‘n groot getal atome bestaan.
24 of 65
Polimeer
‘n Groot molekuul wat uit kleiner monomer-eenhede bestaan wat kovalent aan mekaar gebind is in ‘n herhalende patroon
25 of 65
Monomeer
Klein organiese molecule wat kovalent aan mekaar gebind kan word in ‘n herhalende patroon.
26 of 65
Polimerisasie
‘n Chemiese reaksie waarin monimeermolekule verbind om ‘n polimeer te vorm
27 of 65
Addisiepolimerisasie
‘n Reaksie waarin klein molecule verbind om baie groot molecule te vorm deur byvoeging by dubbelbindings.
28 of 65
Addisiepolimeer
‘n Polimeer wat gevorm word wanneer monomere (wat gewoonlik ‘n dubbelbinding bevat) verbind deur ‘n addisiereaksie.
29 of 65
Kondensasiepolimerisasie
Molekule van twee monomere met verskillende funksionele groepe odergaan kondensasiereaksies met die verlies van klein molecule, gewoonlik water.
30 of 65
Reaksiewarmte ∆H
Die energie geabsorbeer of vrygestel in ‘n chemise reaksie.
31 of 65
Eksotermiese reaksies
Reaksies wat energie vrystel.
32 of 65
Endotermiese reaksies
Reaksies wat energie absorbeer
33 of 65
Aktiveringsenergie
Die minimum energie benodig vir ‘n reaksie om plaas te vind.
34 of 65
‘n Geaktiveerde Kompleks
As die onstabiele oorgangstoestand van reaktante na produkte.
35 of 65
Reaksietempo
Die veranderinge in konsentrasie van reaktante of produkte per eenheidstyd.
36 of 65
Positiewe Katalisator
‘n Stof wat die tempo van ‘n chemise reaksie verhoog sonder om self ‘n permanente verandering te ondergaan.
37 of 65
Oop en geslote sisteme
‘n Oop sisteem het voortdurende interaksie met sy omgewing, terwyl ‘n geslote sisteem geïsoleer is van sy omgewing.
38 of 65
Omkeerbare reaksie
‘n Reaksie is omgekeerbaar wanneer produkte terug omgeskakel kan word in reaktante.
39 of 65
Chemiese ewewig
Dit is ‘n dinamiese ewewig wanneer die tempo van die voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie.
40 of 65
Le Chatelier se beginsel
Wanneer die ewewig in ‘n geslote sisteem versteur word, stel die sisteem ‘n nuwe ewewig in deur die reaksie wat die versteuring teenwerk, te bevoordeel.
41 of 65
Arrhenius-teorie
‘n suur is ‘n stog wat waterstofione (H^+)/ Hidroniumione (H3O^+) vorm wanneer dit in water oplos. ‘n Basis is ‘n stof wat hidroksiedione(OH^-) vorm wanneer dit in water oplos.
42 of 65
Lowry-Br∅nsted-teorie
‘n suur is ‘n protonskenker(H^+-ioon-skenker) ‘n Basis is ‘n proton-ontvanger(H^+-ioon-ontvanger)
43 of 65
Sterk sure
Ioniseer volledig in water om ‘n hoë konsentrasie H3O^+-ione te vorm. Voorbeelde van sterk sure is soutsuur, swawelsuur en salpetersuur.
44 of 65
Swak sure
Swak sure ioniseer onvolledig in water om ‘n lae konsentrasie H3O^--ione te vorm. Voorbeelde van swak sure is etanoësuur en oksaalsuur.
45 of 65
Sterk basisse
Dissosieer volledig in water om ‘n hoë konsentrasie OH^-—ione te vorm. Voorbeelde van sterk basisse is natriumhidroksied en kaliumhidroksied.
46 of 65
Swak basisse
Dissosieer/ioniseer onvolledig in water om ‘n lae konsentraie OH^-—ione te vorm. Voorbeelde van swak basisse is ammoniak, kalsiumkarbonaat, kaliumkarbonaat en natriumwaterstofkarbonaat.
47 of 65
Gekonsentreerde sure/basisse
Bevat ‘n groot hoeveelheid (getal mol) suur/basis inverhoudingmet die volume water.
48 of 65
Verdunde sure/basisse
Bevat ‘n klein hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhoudingmet die volume water.
49 of 65
Hidrolise
Die reaksie van ‘n sout met water.
50 of 65
Kw
Die ewewigskonstante vir die ionisasie van water of die ioonproduk van water of die ionisasiekonstante van water, m.a.w. KW= {H3O^+}{ OH^-} = 1X〖10〗^14 by 298k.
51 of 65
Outo-ionisasie van water
Die reaksie van water met water self om H3O^+-ione en OH^--ione te vorm.
52 of 65
Galvaniese sel
‘n Sel waarin chemise energie omgeskakel word na elekriese energie. ‘n Galvaniese (voltaïese) sel het selfonderhoudende elektrode-reaksies.
53 of 65
Elektrolitiese sel
‘n Sel waarin elektriese energie omgeskakel word na chemise energie.
54 of 65
Oksidasie
Oksidasie is ‘n verlies aan elektrone. ‘n Toename in oksidasiegetal.
55 of 65
Reduksie
Reduksie is ‘n wins aan elektrone. ‘n afname in oksidasiegetal.
56 of 65
Oksideermiddel
‘n Stof wat gereduseer word/elektrone opneem.
57 of 65
Reduseermiddel
‘n Stof wat geoksideer word/elektrone verloor.
58 of 65
Anode
Die elektrode waar oksidasie plaasvind.
59 of 65
Katode
Die electrode waar reduksie plaasvind.
60 of 65
Elektroliet
‘n Oplossing/vloeistof/opgeloste stof wat elektrisiteit gelei deur die beweging van ione.
61 of 65
Elektrolise
Die chemise proses waarin elektriese energie omgeskakel word in chemiese energie OF die gebruik van elektriese energie om ‘n chemiese verandering teweeg te bring.
62 of 65
Eutrofikasie
Die proses waarin ‘n eksoisteem verryk word mer anorganiese plantvoedingstowwe, veral fosfor en stikstof, wat tot oormatige plantgroei lei. Soos wat plantgroei oormatig word, vermeerder die dooie en verrottende plantmateriaal vining.
63 of 65
Dampdruk
Die druk uitgeoefen deur 'n damp in ewewig met sy vloeistof in 'n geslote sisteem
64 of 65
Kondensasiepolimeer
'n Polimeer wat gevorm word deur twee monomere met verskillende funksionele groepe wat aan mekaar skakel in 'n kondensasiereaksie waarin 'n klein molekuul, gewoonlik water, verloor word.
65 of 65
Other cards in this set
Card 2
Front
Die temperatuur waarby die vaste- vloeistoffases van ‘n stof in ewewig is.
Back
Smeltpunt
Card 3
Front
‘n Molekule wat koolstofatome bevat.
Back
![Preview of the back of card 3](https://www.prod.gr.cuttlefish.com/revision-tests/chemie-3/2/a/preview.png)
Card 4
Front
‘n Chemiese formule wat die tipe atome en die korrekte getal van elk in ‘n molekuul aandui.
Back
![Preview of the back of card 4](https://www.prod.gr.cuttlefish.com/revision-tests/chemie-3/3/a/preview.png)
Card 5
Front
‘n Struktuurformule van ‘n verbinding toon aan watter atome aan mekaar gebind is in die molekuul. Atome word voorgestel deur hul chemise simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings wat atome bymekaar hou, aan te toon.
Back
![Preview of the back of card 5](https://www.prod.gr.cuttlefish.com/revision-tests/chemie-3/4/a/preview.png)
Similar Other resources:
3.5 / 5 based on 2 ratings
5.0 / 5 based on 1 rating
3.0 / 5 based on 2 ratings
3.5 / 5 based on 2 ratings
4.5 / 5 based on 6 ratings
3.0 / 5 based on 1 rating
4.0 / 5 based on 1 rating
4.0 / 5 based on 1 rating
2.0 / 5 based on 1 rating
2.0 / 5 based on 1 rating
Comments
No comments have yet been made